DIE GEREFORMEERDE KERK ALBERTON

GESKIEDENIS VAN DIE GEREFORMEERDE KERK-ALBERTON.

1. As inleiding

Die Gereformeerde kerk,Alberton stig af van die Germiston gemeente op 9 Desember 1939 en gedurende 1940 word daar ‘n kombinasie met Vereeniging gevorm. ( Die predikant van Vereeniging, ds. P.J. de Klerk moes dus heel dikwels na Alberton reis om periodiek eredienste en kerkraadsvergaderings hier te kom hou.

Terloops, eerste lidmate wat Alberton betrek het en wat stigterslede van die dorp was dateer vanaf 1904. Lidmate het maar gereeld na Germiston gereis om aldaar kerk te gaan. Tussentyds het lidmate maar onderling kerk-en bybelstudie aan huis van ouderlinge gedoen.

Op 11 Junie 1927 bekom lidmate van Alberton ( met goedkeuring van die kerkraad van Germiston) ‘n sinkkerkie van die NG gemeente Alberton.

2. Nuwe Kerkgebou

Gedurende Mei 1946 besluit die kerkraad van Alberton dat ‘n nuwe kerk nou benodig word. Die huidige perseel te Parklandslaan word gedurende November 1946 gekoop teen die bedrag van £ 1 600.00.

Die hoeksteenlegging vind dan op 5 Junie 1948 plaas. Die kerkgebou word op 2 Julie 1949 amptelik in gebruik geneem. Weens probleme met boupermitte onderneem die kerkraad van daardie tyd om self as boukontrakteur op te tree om sodoende sake te bespoedig.

Sedert 1949 is daar min veranderings aan die bestaande kerkgebou aangebring. Aan die binnekant was wel opknappingswerk gedoen mbt matte, bankstofferings,plafon, ens. Dit geskied gedurende 1976. Tog is die kerkgebou ook onlangs opgeknap ( 2009/2010 ).

Die gemeente kan spog met ‘n meganiese pyporrel wat gedurende 1963 ge-instaleer is en wat die ou uitgediende “Hammond” elektriese orrel vervang het.

Die koste verbonde aan dié besonderse orrel het destyds R 6 450.00 beloop.

Weens die groote van so ‘n orrel moes dit op die gallery agter die preekstoel ge-installer word. Ironies genoeg, bykans 10 jaar na die installering word probleme ondervind met die orrel en word vasgestel dat sekere pedale vir geen rede vashaak. By nadere ondersoek word bevind dat die gallery nie die gewig van die orrel behoorlik meer kan dra nie. Gevolglik is ‘n staal struktuur aangebring wat die houtvloer van die gallery moes stut en sodoende word die problem opgelos.

Aangrensend aan die kerkgebou is ook ‘n saal wat gedurende 1975 in gebruik geneem is.

3. Afstigting

Alberton-Wes stig af van die Alberton gemeente op 26 Junie 1966 met ‘n belydendende lidmaattal van 212 asook die pastorie ( Cambourneweg, New Redruth ).

Predikante wat in die Bediening te Alberton gestaan het

Die eerste volwaardige predikant vir die Alberton gemeente, ds K.S. van Wyk de Vries, word op Sondag, 27 Januarie 1946 bevestig ( bykans 6 jaar na Alberton se afstigting met Germiston)

Ds. K.S. van Wyk de Vries : Januarie 1946 – 1952. Ds. Peet Venter : 1952 – 1954. Ds. G.P.L. van der Linde : 1954 – 1958. Ds. L.F. Schultze : 1959 – 1969. Ds. Jurie Venter : 1970 – 1972. Ds. Simon van der Bijl : 1973 – 2000 waarna hy emeriteer. Ds. Gert Kruger : 2000 – 2001 waarna hy na ‘n ander staat van lewe oorgaan. Ds. Kobus Erasmus : 2001 – Jan. 2008. Ds. Andries Kruger : Bevestig Nov. 2008.

5. Pastoriëe

Die eerste pastorie ( Berghweg 50 ) is betrek deur dr. K.S. van Wyk de Vries ongeveer 1946. Tog was die pastorie nie voldoende nie. ’n Studeerkamer het ontbreek. Gedurende 1952 word ’n groter en ruimer pastorie bekom ( Berghweg )

Later blyk dit dat hierdie pastorie verouderd en vervalle raak. ’n Pastorie word in Cambourneweg gebou ( 1963 ) met afstigting ( Alberton-Wes ) word hierdie pastorie as deel van die bruidskat aan die nuutgestigte gemeente geskenk.

Alberton gemeente is dus sonder pastorie. Daadwerklik word ’n nuwe pastorie gebou en voltooing geskied Desember 1966. Terloops, die huidige pastorie is ’n spieëlbeeld van die pastorie in Cambourneweg.

6. Hede

In dankbaarheid kan ons as gemeente terug kyk na vele jare van seën op die arbeid hier verrig. Mag die HERE in die jare wat vir ons voorlê ons verder ryklik seën met voorspoed en mag ons ook nog steeds Sy groot genade ondervind.

Aan Hom al die eer en heerlikheid!!!

Bron : Geskiedenis van Geref.Kerk-Alberton 1939 – 1999 ( Met erkenning aan br. Gerrit Vergeer )

Kontak ons
Kanselleer
Top Bottom